Top Wedding Blog - Finalist 2017

Troukoors is ’n Afrikaanse webblad en tydskrif vir die bruid voor (sowel as na) haar troue. As jy weet wat woorde soos ‘kiekies’, ‘kardoesie’ en ‘koeksisters’ beteken, sal jy presies verstaan waaroor Troukoors gaan en waarom dit so uniek en spesiaal is vir duisende Suid-Afrikaners.

Troukoors was die heel eerste Afrikaanse aanlyn trou-inspirasie in Suid-Afrika. Ons was ook die eerstes in die land om doen-dit-self idees, gratis skryfbehoeftes (wat jy self kan druk) en resepte met ons lesers te deel.

Sedert Troukoors se eerste uitgawe verskyn het is dit steeds die gewildste Afrikaanse trou-inspirasie in ’n baie mededingende mark. Troukoors is altyd op die voorgrond van nuwe tendense en kreatiewe maniere om ons lesers te inspireer en te bederf! Hierdie jaar is geen uitsondering nie - so maak dus seker om ons dop te hou, julle wil beslis niks misloop nie!

    • Foto’s en koördinering Susan du Toit Photography, www.susandutoit.co.za
    • Plek Lace on Timber, www.laceontimber.com
    • Blomme, dekor en stilering Absolute Perfection www.absoluteperfection.co.za
    • Resepte en spyseniering Cocovanilla Foods, www.cocovanillafoods.co.za
    • Troukoek Pippa and Polly Cakery, Facebook - Pippa and Polly Cakery
    • Skryfbehoeftes Chrystalace, www.chrystalace.com
    • Selfdoenprojekte The Peachy Peony, Facebook - The Peachy Peony
    • Trourok Silver Swallow Design, www.silverswallow.co.za
    • Hare Studio at 77, Facebook - Hair Studio at 77
    • Grimering Elzane Westerman, elzanewest@gmail.com
    • Juwele Marion Rehwinkel Jewellery, www.marionrehwinkeljewellery.com
    • Modelle Anton en Jalien Human

Explore More...